Meer-Oor-Ons
Stigting van
Org Meyer Voortrekkers
Org Meyer Voortrekkers het ontstaan in 2021 nadat Veldkornet Mornè Janse van Vuuren gesien het dat daar nie genoegsame Vootrekker bewustheid was in Alberton Noord nie. Org Meyer Voortrekkers was 'n velskornetskap van Suiderlig Kommando van Alberton tot en met hull afstigting in 2022.
Org Meyer Voortrekkers is tans 'n Veldkornetskap los-staande van 'n Voortrekker Kommando maar ontvang leiding en raad vanaf Impala Kommando in Kempton Park.
Org Meyer Voortrekkers is vernoem na die Voortrekker Johan Georg (Org) Meyer, Sy seun Johannes Petrus Meyer (noemnaam Jan, Prins Albert, Kaapkolonie, 26 Junie 1842 – Johannesburg, 2 Desember 1919) was ’n Veldkornet, Staatsamptenaar, Volksraadslid, myneienaar en boer en die man na wie Meyerton en Meyersdal (Alberton) vernoem is.
Die Meyer gesin besit steets 'n plaas in die Hartjie van Alberton en spesiale toestemming is ontvang vir die gebruik van die naam.
Org Meyer is ons naam
Ons hou koers ons staan saam
Hier by Die Voortrekkers
Ons doen veldkook en speel
Leer van ouds maar, nie te veel
Hier by Die Voortrekkers
Hou koers, staan vas
Vat vas en gee die pas
Hier by Die Voortrekkers
Org Meyer is ons naam
Ons hou koers ons staan saam
Dit alles in God se Naam
Hou koers, staan vas
Vat vas en gee die pas
Hier by Die Voortrekkers
Org Meyer is ons naam
Ons hou koers ons staan saam
Dit alles in God se Naam
Dit alles in God se Naam
Lied deur Marnie Greyling
Begeleiding deur Christo Dercksen
Kleure van die Org Meyer Vlag.
DIE ROOI
- Dapperheid en durf.
DIE GROEN
- Reinheid en Vrede.
DIE BLOU
- Ons hoopvolle vooruitsig.
DIE KHAKI
- Die natuur en ons omgewing.
Ons GeskiedeniS
Die Meyer-familie: Pioniers en Bouers van Alberton
In die vroeë 1840's het Johan Georg (Org) Meyer en Hester Catharina Elizabeth (gebore Mulder) 'n merkwaardige reis onderneem van Prince Albert met twee waens na die Transvaal. Org, 'n Voortrekker, het onwrikbare vasberadenheid getoon, en sy vrou Hester het in sy pioniersgees gedeel.
Org het sorgvuldig drie plase gekies, Klipriviersberg, Elandsfontein, en Swartkoppies, naby die Natal Spruit, wat vandag die oop land is op die hoek van Hendrik Potgieterstraat en Tenthlaan, Alberton Noord. Om die veiligheid en bestuur van hierdie plase te verseker, het Org die hulp ingeroep van 'n ander Voortrekker, Jacob Smith.
Tydens hul reise het Org teruggekeer na Prince Albert om sy plaas daar te verkoop, maar het te kampe gehad met uitdagings om die land in die Kaap te verkoop. Uiteindelik het hy besluit om dit te verlaat. Met sy terugkeer na sy nuut gestigte plase het hy besluit om Jacob Smith as 'n buurman te behou en Klipriviersberg aan hom oorgedra.
Tragedie het die Meyer-familie getref tydens 'n terugbesoek aan hul familie in die Prince Albert-distrik in 1856. Org is oorlede en in Colesberg begrawe. Met die verantwoordelikheid op die jong skouers van hul seun, Johannes Petrus (Jan) Meyer, het die gesin deur moeilike omstandighede volhard, insluitend swaar reën en die behoefte om vlotbrûe te bou om riviere oor te steek, terwyl hulle teruggekeer het na die Transvaal.
In 1864 het Jan Meyer met Christina Salomina Meyer getrou, en hulle het op grond langs die Natalspruit, wat tans deur Alberton Stad beset word, gesettle. Hul geluk was egter van kort duur, aangesien Christina in 1870 oorlede is na die geboorte van hul vierde dogter. Sy is op die plaasbegraafplaas begrawe wat eens langs die toekomstige Voortrekkerweg gelê het.
Jan het die Klipriviersberg-plaas vir 500 pond van Jacob Smith se boedel teruggekoop en het in 1872 met die weduwee Stephina Petronella Botha, gebore Strydom, getrou. Die egpaar het na Klipriviersberg verhuis.
Die ikoniese plaashuis wat tot vandag staan, is in 1891 deur die bouer Kirton opgerig, wat ook die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Heidelberg gebou het. (Alhoewel die fondasies van die woning wat hy beplan het,
reeds teen 1899 voltooi is, het die Anglo-Boere Oorlog die bouwerk onderbreek.
Na bewering het hy goue Krugermunte
ter waarde van £16 000 in vrugteflesse in
die fondasies van die woonhuis begrawe. Die huis is in 1904 voltooi.
)
Jan se weduwee-ma het met Abraham Viljoen hergetrou, en na Viljoen se dood in 1894 is die Elandsfontein-plaas tussen die Meyer-kinders verdeel. Jan Meyer het die gebiede wat vandag bekend is as New Redruth, Randhart, en Raceview verkry. Sy broer, Johan Georg (Org junior), het die gebiede wat nou as Florentia en Verwoerd Park bekend staan, verkry. Die gedeelte van die plaas wat later Alberton Noord sou word, is aan die vyf Meyer-dogters gegee.
Na die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 het die Alberton Estate Syndicate van Germiston die Meyer-familie genader met 'n aanbod om grond te koop vir die vestiging van 'n dorp naby Johannesburg, ideaal vir werk maar afgesonder van die stad. In 1904 is die grond vir 20 000 pond verkoop, en die nuwe dorp is ter ere van Generaal Hennie Alberts, een van die lede van die Syndikaat, Alberton genoem.
Alberton is in 1909 amptelik as 'n dorp verklaar en het sy eeufees in 2005 gevier. 'n Opvallende feit oor Alberton is dat dit die enigste gesinsbegraafplaas binne 'n verkeersirkel in Suid-Afrika het.
Die Org Meyer Span
Dagbestuur 2023/2024
Dagbestuur 2024
Veldkornet
Adjunkveldkornet (Administrasie)
Adjunkveldkornet (Finansies)