Alberton • Verwoerdpark • Alberton Noord
Waar jongmense groei, dien en avontuur beleef
Org Meyer Voortrekkers is die plaaslike tuiste vir kinders en jongmense wat kultuur, avontuur en leierskap in die natuur wil ervaar - gewortel in Christelike waardes en Afrikanerskap.
📅 Byeenkomste: Vrydae 17:30 – 18:30
📍 Alberton Baptiste Kerk, Verwoerdpark
👦👧 Ouderdomme 4 – 28 jaar
Ons Programme
'n Avontuur vir elke ouderom
Van voorskool tot jong volwassenes - ’n duidelike pad van groei, leierskap en pret.
4 - 5 jaar
Ontdekkers
Die eerste tree in die Voortrekkerwêreld. Speletjies, natuurkennis en vriendskap vir kleuters.
6 - 13 jaar
Penkoppe & Drawwertjies
Hier begin die ware avontuur! Kampe, kentekens, spanwerk en die buitelewe op sy beste.
14 - 17 jaar
Verkenners
Ontdek wie jy is. Besluite neem, uitdagings aanpak en as jong leier groei.
18 - 28 jaar
Staatmakers
Lei, beplan en maak ’n verskil. Projekte, ekspedisies en diens in die gemeenskap.
Afrikanerskap
Burgerskap
Christenskap
Diensbaarheid
Ons FONDAMENT
Waarom org Meyer Voortrekkers
Meer as net kampe - ’n karakter- en leierskapsreis gewortel in waardes.
Geloof
Die Bybel is ons grondslag. Ons vorm jongmense as konsekwente Christene.
KAN
Kultuur + Avontuur + Natuur. Die geheime resep vir gebalanseerde jeugontwikkeling.
Span & Diens
Leierskap deur diensbaarheid. Elke lid leer om vir ander te sorg en saam te werk.
Leierskap
Van self-leierskap tot Presidentsverkenner - ’n duidelike ontwikkelingspad.
Ons Storie
Org Meyer Voortrekkers in Alberton
Sedert 2021 dien ons die jeug van Alberton en Verwoerdpark as deel van die groter Voortrekkerbeweging (gestig 1931).
Ons is vernoem na die Voortrekker-pionier Johan Georg “Org” Meyer, wie se plase die fondamente van die dorp Alberton gevorm het.
Elke Vrydagmiddag kom ons bymekaar by die Alberton Baptiste Kerk. Wanneer ons nie by die kerk is nie, is ons besig met kampe, staptogte of gemeenskapsprojekte.
Ondersteun die volgende generasie leiers
Jou skenking help ons om kampe, kentekens, toerusting en leierskapsopleiding vir jongmense in Alberton moontlik te maak. Belastingaftrekbaar (18A).
WEES 'N Offisier / Heemraad
help met die onderrig en deel jou kennis!
In die verlede was 'n Voortrekker-offisier die Meneer of Juffrou in die skoolklas, maar met die verloop van die jare, is die Voortrekkers nie meer 'n deel van die skoolomgewing nie (alhoewel ons nog steeds by sommige skole vergader). Ons het ouers en volwassenes nodig wat bereid is om meer te leer en hul kennis aan die kinders oor te dra. Is jy bereid om die toekoms van ons jeug te ondersteun?
Aktueel
Nuus, kampe & gemeenskap
Gemeenskapsprojek
Turffontein begraafplaas-skoonmaak
Ons lede help om ’n belangrike erfenisterrein in stand te hou.
Ons Kentekens
Kentekens
Meer as 200 kentekens om te verdien - van veldkook tot leierskap.
Kampe
Wilgedraai Voortrekkerkamp
Sluit aan vir ’n week van avontuur, kampvuurstories en nuwe vriendskappe.
Oktober
Borskaker Bewusmaking
Neem deel aan die pret en daag iemand uit om pienk te verf of pienk te dra...
Dit is ’n storie wat vandag steeds geskryf word.
Jy is nou deel van die storie. Dit is ook jou storie.
Deur jou deelname skryf jy aan die volgende hoofstuk van die verhaal.