Program

Ontdekkers

Ontdekkers

Voorskool Lede

Lees Meer

Tyd Vir Pret

Vir pret, vriendskap en aktiwiteite wat jou laat dink sowel as doen.

(Nie die amptelike embleem nie)

Penkoppe & Drawwerjies

PD

6 - 13jr. / Gr. R - 7

Lees Meer

Ons Gaan Vorentoe

Sluit aan by die pret en neem aan soveel avontuur deel as wat jy kan hanteer!

Verkenners

Verkenner

14 - 17 jr. / Gr. 8 - 11

Lees Meer

Verken Alles

Vind uit wie jy is en waartoe jy instaat is van vlotvaarte, bergklim tot die uitdaging om 'n Jong Leier te word.

Staatmakers

Staatmaker

18 - 28 jr.

Lees Meer

Avontuur Wag Vir Jou

Lus vir 'n nuwe avontuur ? 

Wil jy 'n verskil maak ? 

Probeer dan Die Voortrekkers se Staatmaker program. Dit is vir jong volwassenes wat bo die gewonde wil gaan en uitvind wie hulle werklik is. Van ekspedisies to hulp aan plaaslike gemeentskapprojekte, ons doe dit alles.

'n Inligtingstuk vir Ouers

Gun jou kind 'n beter kans

Keuses

"Keuses bepaal die rigting wat jou lewe verloop. Hoe ouer kinders word, hoe makliker kan hulle in 'n oomblik 'n keuse maak wat die koers verander wat hulle lewe inslaan."

By Die Voortrekkers oefen ons en word ons fiks om waarde-gebaseerde besluite te neem. Hierdie waardes is Bybels Christelik-gefundeer. Iemand wat fiks is in die neem van waardegebaseerde besluite, het 'n beter kan om in die hitte van die oomblik 'n goeie keuse te maak.

Ontwikkelingsbates

"Navorsing is gedoen met meer as 2 miljoen kinders. Hulle het 'n lys gemaak vab "Veertig Ontwikkelingsbates" wat 'n kind sal help om risikogedrag te vermy. Die gemiddelde kind het 20 van hierdie bates."

Die Voortrekkers bied al vir meer as 90 jaar aan die kinders programme wat ten minste 28 van hierdie 40 ontwikkelingsbates direk aanspreek.

Die Voortrekkers bied 11 van die 20 eksterne bates en die ontwikkeling van17 van die 20 interne bates word direk in die doelstelling en leerplanne aangespreek.

Die Voortrekkers se programme bied egter veel meer as hierdie bates.

Leierskap

"Ons kinders is die leiers van môre. Die wëreld om ons word hoofsaaklik gevorm deur leiers"

Die Voortrekkers se programme word saamgestel om 'n kind te leer en te laat oefen om 'n leier te wees.

Voor 'n kind ander kan lei, moet hy eers "Leier van sy eie lewe" word. 

Die Voortrekkers lei reeds vir meer as 90 jaar leiers op.

Spanwerk

"'n Wen-wen-beginsel vereis nie-kompeterende gedrag. Dit is die ingesteldheid wat in die samelewing in die meeste plekke benodig word. Die samelewing verwag van jou om met mense saam te werk wat meer of minder eiendkappe of talente met jou deel"

Die Voortrekkers leer 'n kind om in 'n span saam te werk sonder kompetisie. 

Kinders kompeteer nie vir 'n plek in die span nie. Kinders word nie deel van die span omdat hulle oor 'n spesifieke talent beskik nie.

Die Voortekkers se Programme

Die Voortrekker ervaring word volgens ouderdom en aktiwiteite in vyf programme verdeel. Ontdek watter programme vir jou beskikbaar is deur die relevante ouderdom te kies:

Wat is Die Voortrekker-program?

Die Voortrekkers is vir seuns en dogters, kleuterskool tot naskool. Die Voortrekkers is die tradisionele Voortrekkers program vir seuns en dogters. Dit is een van die oudste jeugorganisasies in die Suid-Afrika, waar jongmense kan deelneem aan verskeie buitemuurse aktiwiteite soos kampeer, stap, boere-sport, bergfietsry, en nog baie meer! Dit is 'n program waar die jeug die grondslag vir leierskap, burgerskap en persoonlike fiksheid ontwikkel deur prettige aktiwiteite waarby ouers en wettige voogde betrokke is. Ideaal gesproke word spanne volgens graad georganiseer.

By Die Voortrekkers poog ons om jongmense te leer oor:

  • Karakterontwikkeling
  • Burgerskap opleiding
  • Leierskap
  • Geestelike en fisiese fiksheid

Wat sal ek in Die Voortrekkers doen?

Die aktiwiteite is ontwerp vir Die Voortrekker-gesinne om deel te neem aan die pret, en sluit in om die buitelewe te verken, bouprojekte, vriende te maak en 'n lewenslange liefde vir leer te ontwikkel.

Penkoppe & Drawwertjies en die Verkenners doen baie aktiwiteite, insluitend maar nie beperk nie tot:

  • Kampeer
  • Stap
  • Verken Stokperdjies
  • Kanovaart
  • Buitelug kook
  • Gemeenskapdiensprojekte

afrikanerskap

Afrikanerskap

burgerskap

Burgerskap

christenskap

Christenskap

diensbaarheid

Diensbaarheid

Die storie van Die Voortrekkers is ’n verhaal van vrywilligers wat hul vrye tyd gebruik om graadwielboeke, handleidings en ander literatuur te skryf. Geboue, spankamers en kampterreine het deur harde werk en innoverende denke ontwikkel tot spogprodukte.

Dit is ’n storie van sente omdraai, moue oprol, vasbyt en hard werk. Dit is ’n storie van historiese feeste, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is ’n storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe.

Die Voortrekkerstorie vertel ’n verhaal van planne, vars denke, aanpasbaarheid en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie van liefde vir Afrikaans, Afrikanerkultuur, Afrikanerkinders, maar bo alles, vir die Here.

Ook is dit ’n storie van pret, kameraadskap en avontuur.

Dit is geen wonder dat Die Voortrekkers oor dekades heen gegroei het tot ’n lewenskragtige, en saakmakende kultuurorganisasie nie.

Getrou aan die oorspronklike stigtingsideale van NJ van der Merwe, Vader Visser en Japie Heese is Die Voortrekkers vandag steeds ’n toekomsgerigte jeugorganisasie wat:

# Afrikanerkinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes vorm.
# Afrikanerkinders die geleentheid bied om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet.
# Afrikaners begelei om as oortuigde Christene nie net Bybelse waardes in hul persoonlike lewens uit te leef nie, maar ook om gemeenskapswaardes deur middel van diens, deelname en standpunte te help vorm.
# Afrikanerkinders help om lewensvaardighede te ontwikkel om as uitnemende en diensbare leiers ’n betekenisvolle en positiewe bydrae te lewer tot die land en die kontinent.
# Afrikanerkinders ’n tuiste bied waarin hulle Afrikaners se geskiedenis, taal, kultuur en tradisies ten volle kan uitleef en geniet.


Hierdie ideale het oor dekades neerslag gevind in die wese, waardes en strategiese doelwitte van Die Voortrekkers om jong Afrikaners as uitnemende leiers te ontwikkel.

Boublokke van die Voortrekkers

Geloof

Die Bybel is ons grondslag. ’n Voortrekker glo in die Drie-Enige God en dien Hom.

Trots

Ons naam, Die Voortrekkers, definieer ons. Daarin lê eeue-oue kulturele kapitaal, Afrikaneridentiteit en tradisies opgesluit. Ons is trots op wie ons is en daarom neem Die Voortrekkers ook mede-verantwoordelikheid om ons taal, Afrikaans Afrikanerkultuur en ons geskiedenis met trots te bevorder.

Span

Voortrekkerwerk is spanwerk. By Die Voortrekkers leer jeuglede om deur middel van spanleierskap en saamwerk gemeenskaplike doelwitte te bereik. Deur spanwerk word jeuglede se karakter as ABCD-mense gevorm.

KAN (Kultuur, Avontuur en Natuur)

Die kombinasie en balans tussen kultuur, avontuur en natuur is Die Voortrekkers se geheime resep vir jeugontwikkeling. Die eerste letters van die woorde spel KAN. Voortrekkers is nie Voortrekkers as een van die KAN-boustene ontbreek nie. Waar dit in balans gebring word, KAN ons ’n verskil maak aan ’n kind se lewe. In Die Voortrekkers ontdek elke kind hulle KAN.

Die Voortrekkers bied jaarliks tydens skoolvakansies veertig veld-, see-, water- en woestynkampe op provinsiale grondslag regoor Suid-Afrika en Namibië aan. Dan is daar boonop ’n magdom spankampe, plaaslike kommandokampe, oordkampe en Voortrekkertoere wat deurlopend aangebied word van die Caprivi tot Seepunt. Op Voortrekkerkampe word kultuur en avontuur in die natuur op ’n unieke wyse ervaar.

VAT (Vaardighede, Antwoorde & Toepassing)

Deur die ontwikkeling van selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en praktiese Toepassing VAT Die Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.

Selfdoenvaardighede word ontwikkel deur 92 laerskool- en 123 hoërskoolkentekens wat aangebied word in spanverband, spesiale geleenthede en kampe.

Met die Bybel as grondslag en aan die hand van die Voortrekkerkode dink Die Voortrekkers saam oor aktuele vraagstukke en ontwikkel positiewe waardegedrewe antwoorde.

Die Voortrekkers leer jeuglede om Bybelse waardes en selfdoenvaardighede in hulle konteks prakties toe te pas deur hulle gemeenskap positief te beïnvloed.

Diens

Diensbaarheid is die asem van Die Voortrekkers. Sonder ’n gesindheid van diensbaarheid is ’n gemeenskap se kultuurlewe dood. Om die rede is elke Voortrekkerbelofte ’n belofte van diensbaarheid.

Die Voortrekkerkode word verwerklik deur diensbaarheid. In die eerste kode sê Voortrekkers ons dien die Here. Die tiende kode sê ons Voortrekkers leef diensgerig en diensvaardig. Die eerste en die tiende kode omsluit Die Voortrekkers se etos van moderne Afrikanerskap, positiewe Burgerskap en konsekwente Christenskap. Diensbaarheid behoort tot die wese van Voortrekkerwees. Die Voortrekkers bied ’n ruimte waar lede diensbaar kan wees aan die Here, ons land, ons kinders en ons gemeenskap.

Leierskapsontwikkeling

Die Voortrekkers verstaan nie leierskap as posisies, range of titels nie. Elkeen wat verantwoordelikheid vir hom- of haarself en vir ander aanvaar, is in Die Voortrekkers ’n leier.

Die Voortrekkers begelei jeuglede om hulle volle leierskappotensiaal te verwerklik deur ’n gesindheid van diensbaarheid. Die Voortrekkers begelei ons jeuglede om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle eie toekoms, maar ook medeverantwoordelikheid vir hulle gemeenskap en omgewing.

Die Voortrekkers het vier omvattende leierskapsontwikkelingsprogramme vir laerskool-, hoërskool-, naskoolse en volwasselede. Na suksesvolle voltooiing van elke fase word nasionale erkenning op laerskool gegee deur middel van die Voorslagtoekenning en op hoërskool deur die Presidentsverkennertoekenning in kulturele leierskap.

Die Voortrekkers is ’n geakkrediteerde opleidingsinstelling wat verskeie SETA-geakkrediteerde kursusse, toerustingskursusse en persoonlike verrykingsgeleenthede vir naskoolse jongmense en volwasse lede aanbied.

Prestasie

Voortrekkers is voorposmense. As eietydse pioniers trap ons nuwe spore, dui nuwe koers aan – grensverskuiwend, saakmakend en rigtinggewend. Voortrekkers stagneer nie, maar streef na uitnemendheid in alle opsigte. Middelmatigheid en tweede beste is nie vir Die Voortrekkers ’n opsie nie. Met min sente en baie kreatiwiteit het Die Voortrekkers altyd ’n plan om ’n uitnemende geleentheid aan te bied. Die les uit ons verlede is: Prestasie skep toekoms.

Familiehuis

Die Voortrekkers is ’n gesellige familiehuis met baie kamers. In die huis word vriende vinnig soos familie. Die Voortrekkers bied ’n behoortruimte waar oupa en ouma, pa en ma saam met hulle kinders in ’n gebalanseerde kultuuromgewing saam kuier, saam dien en saam kultuur met avontuur in die natuur geniet.