Finansies & Lidmaatskap

Org Meyer Voortrekkers

Lidmaatskap Koste

Let Wel dat elke Kommando / Veldkornetskap sy eie kostes bepaal. Daar is wel 'n vasgestelde bedrag geld "Lidmaatskap" wat oorgebtaal word aan die gebied.

Ledegeld en Lidmaatskap Ledegeld beloop soos per die onderstaande tabel.

Almal word aangemoedig om teen einde Maart van elke jaar te betaal met die uitsondering van Nuwe Lede wat aansluit. Nuwe Lede se gelde is betaalbaar teen einde September van elke Jaar.

Aanlyn registrasie en her-registrasie is beskikbaar vir Jeuglede (Gr R – 12) asook volwassenes. Volg gerus die skakel aan die linkerkant.

Aanlyn Aansoek

Geen lid sal toegelaat word om kampe by te woon indien daar nog uitstaande gelde op hulle rekeninge is nie.

Nuwe lede kry 'n unieke lidnommer sodra die lid geregistreer is, U as gesin kry ook 'n gesins nommer  - Hierdie nommer (Lid of Gesin) sal dan ook gebruik word vir betalings verwysings.

Vir enige navrae oor finansies kontak Willie-Waldo Kühn - finansies@orgmeyer.co.za

Staande reëls en bevele

Soos wat elke instansie reëls en regulasies het is dit dieselfe by Org Meyer Voortrekkers. Ons noem ons "Skoolreëls" net anders ons noem dit ons Staande Reëls en Bevele. Wanneer u registreer keur u goed dat us dit gelees het en vertstaan en instem tot die reëls.

Lees/Kyk
2025

Ontdekkers

(Voorskool)

R52

Per Jaar

    Die Voortrekkers het geen lidmaatskap koste vir Ontdekkers nie, Org Meyer vra wel R 52.00 vir administrasie koste.

    2025

    Penkoppe & Drawwertjies

    (Gr R - 7)

    R675

    Per Jaar

      Die Koste van R 675.00 sluit in die R 570.00 lidmaatskap gelde en R 105.00 administrasie koste in.

      2025

      Verkenners

      (Hoërskool)

      R675

      Per Jaar

        Die Koste van R 675.00 sluit in die R 570.00 lidmaatskap gelde en R 105.00 administrasie koste in.

        2025

        Staatmakers

        R360

        Per Jaar

          Die Koste van R 360.00 sluit in die R 260.00 lidmaatskap gelde en R 100.00 administrasie koste in.

          2025

          Heemraad

          R400

          Per Jaar

            Die Koste van R 400.00 sluit in die R 300.00 lidmaatskap gelde en R 100.00 administrasie koste in.

            2025

            Offisiere

            R675

            Per Jaar

              Die Koste van R 675.00 sluit in die R 570.00 lidmaatskap gelde en R 105.00 administrasie koste in.

              2025

              Ouers

              R104

              Per Jaar

                Die Koste van R 104.00 is vir administrasie.

                Oorsig oor kostes
                (Die voortrekkers lidmaatskap koste)

                Let asseblief daarop dat ons wel die kostes van lidmaatskap so laag as moontlik probeer hou maar moet ook soos alle instellings 'n jaarlikse verhoging indien.

                (Org Meyer Administrasie koste)

                Bank Besonderhede

                Alle betalings vir Voortrekker aktiwiteite (ledegeld, kommando aktiwiteite, oord/gebiedsaktiwiteite en kampe) word in Org Meyer se rekening betaal.

                Ledegeld ?

                Ledegeld

                Hoekom moet ek Ledegeld Betaal ?

                • Die Voortrekkers het steeds al die uitgawes om ons erfenis en infrastruktuur te bewaar en in stand te hou.

                • Help ons om JOU erfenis en infrastruktuur te bewaar vir die toekoms deur jou ledegeld te betaal.

                • As jy iest ektra het, borg ‘n maatjie!

                Waarvoor word dit nie gebruik nie?

                • Vergoeding van alle offisiere, heemrade en bestuursvlakke; Hierdie mense is Vrywilligers en kry geen vergoeding nie.

                • Wins: Die Voortrekkers is ‘n nie winsgewende organisasie.