Org Meyer Toekennings
Toekennings
Ons gee jaarliks toekennings vir prestasies wat behaal is vir al ons lede en ondersteuners. Hier gee ons erkenning aan ons top-presteerders. Vir meer inligting oor hoe punte bewerk word kan u gerus die volgende Reglement bestudeer :
HOOFSTUK 10: ERKENNING EN TOEKENNING
HOOFSTUK 11: ERKENNING VAN BESONDERE PRESTASIES
Org Meyer Voortrekkers hou jaarliks ons "Spogfunksie" waar ons toekennings gee vir die betrokkenheid van die lede(Ingeskryfde) en publiek.
Vir ons lede - volgens die reglemente is daar 'n maksimum punt wat 'n lid kan kry vir die jaar met betrokkenheid tot verskillende aktiwiteite. Die maksimum punte wat 'n lid kan verwerf is 105 en die volgende toekennings word dan gemaak :
(A+) Uitmuntende Prestasie (100%) [Platinum]
(A) Uitnemende Prestasie (90-99%) [Goud]
(B) Uitnemende Prestasie (80-89%) [Goud]
(C) Verdienstelike Prestasie (70-79%) [Silwer]
(D) Beduidende Prestasie (60-69%) [Brons]
(E) Voldoende Prestasie (50-59%) [Blou - Voldoende Prestasie]
(F) Matige Prestasie (40-49%) [Blou - Matige Prestasie]
(G) Basiese Prestasie (30-39%) [Blou - Basiese Prestasie]
(H) Ontoereikende Prestasie (0-29%) [Meeloper - Blou]
Die prestasies onder hou net in ag van lede wat >= 50% behaal het vir die jaar.