Donasies / Skenkings
Vennote
Projekte
Hoe om betrokke te raak - Druk op Die Skakel vir meer inligting

Ter nagedagtenis aan ons geliefde Voortrekker • Wyle Zanè De Jager • Rus in vrede 🕊️

Terug na Nuus Blad
Het jy 'n Nuus Wenk/Artikel Maak Kontak met ons.
Org Meyer Voortrekkers het Vrydag 19 Januarie 2024 die nuwe jaar met ’n Waatlemoenfees ingelei. Wat is nou lekkerder as ‘n waatlemoenfees?

Inleiding :-

Ons eerste skoolkwartaal het Vrydag geopen met ons jaarlikse waatlemoenfees. Die Waatlemoenfees is ’n jaarlikse instelling om belangstelling onder die jeug te wek om by al die opwindende aksies van Die Voortrekkers betrokke te raak.

Skrywer of Outeur

Kategorie/ë

Ons eerste skoolkwartaal het Vrydag geopen met ons jaarlikse waatlemoenfees.

Die Waatlemoenfees is ’n jaarlikse instelling om belangstelling onder die jeug te wek om by al die opwindende aksies van Die Voortrekkers betrokke te raak. Voortrekker lede is aangemoedig om maatjies saam te bring asook die wat nie lede was, was welkom om saam met hulle maatjies die Waatlemoenfees by te woon.

Die Voortrekkers betrek kinders om betrokke te raak in ’n verskeidenheid van aktiwiteite wat nie net alleen hulle vaardighede ontwikkel nie, maar hulle ook leer hoe om in die geordende samelewing hul rol te vervul. Soos 'n waatlemoenfees behoort te wees, het ons kinders, ouers en beamptes taai en gelukkig huis toe gegaan. Dit was 'n uitstekende begin vir die nuwe jaar. Die Org Meyer Voortrekkers kom weekliks bymekaar en tydens hierdie geleenthede word hulle takies opgelê om hul vaardighede te ontwikkel om vir ’n verskeidenheid van kentekens te kwalifiseer.

Die groepies werk volgens die verskillende Grade onder volwasse toesig. In vandag se lewe waar ouers soms te besig raak om na die wel en weë van hul kinders om te sien, bied Die Voortrekkers die geleentheid dat ouers saam met hul kinders betrokke kan raak in ’n beweging wat nie net die ouer-kind band versterk nie, maar waar ouers en kinder agting en eerbied vir mekaar kan kry.

Baie dankie aan almal wat die fees bygewoon het, en 'n hartlike welkom aan ons nuwe lede. Ons sien uit daarna om almal weer te sien by

Spantyd Vrydag, die 26ste Januarie, van 17h30 tot 18h30.

Vir Navrae Kontak gerus vir Ilvy van Tonder op +27824190994 of admin@orgmeyer.co.za

WhatsApp Image 2024-01-23 at 15.50.45 (2)
WhatsApp Image 2024-01-23 at 15.50.45 (3)

Raak betrokke of Benodig jy Advies...

Raak betrokke by Die Voortrekkers - vir avontuur, waardes en vriendskap.

Jy hoef nie alleen te probeer nie. Benodig jy advies? Gesels met ons.

Druk op die skakel en maak kontak met ons - los jou telefoon nommer in die boodskap en ons maak kontak met jou.

Maak Kontak Met Ons
Facebook

Vrywaring:
Neem asseblief kennis dat enige kommentaar of inligting wat in hierdie artikel verskaf word, nie as mediese, regs- of sielkundige advies beskou moet word nie. Die inligting wat verskaf word, is die mening of insette van die skrywer of outeur soos aangedui. Tensy die outeur uitdruklik as “Org Meyer Voortrekkers” aangedui word, verteenwoordig die inhoud nie noodwendig die standpunte of beleid van Die Voortrekkers nie. Dit dien slegs as algemene leiding en inligting. Raadpleeg asseblief ’n gekwalifiseerde professionele persoon vir advies wat op u spesifieke omstandighede van toepassing is.

Terug na Nuus Blad