Saamstaan-Kersfees-2025 – 'n Pad vir jou om te stap
'n Hoopvolle Kersfees 2025
Die feesseisoen bring mense altyd bietjie nader aan mekaar. Dis ʼn tyd van stories deel, saam eet en die eenvoudige tradisies wat almal warm laat voel. Dit herinner ons hoekom dit so belangrik is om saam te staan.
Vir baie van die kinders wat ons met Projek Saamstaan ondersteun, lyk hierdie tyd van die jaar egter anders. Hulpbronne is min en iets soos ʼn lekkers is nie vanselfsprekend nie. Tog sien ons elke keer hoe ʼn klein gebaar ʼn kind se dag beter maak.
Hierdie jaar gaan Org Meyer Voortrekkers ongeveer 150 kinders bederf met Lekkerny Pakkies. Ons wil graag hê dat elke kind iets in die hand het en iets in die hart te voel. Jou bydrae help ons om seker te maak dat niemand uitgelaat word nie en dat elke pakkie ʼn oomblik van blydskap bring.
Wanneer jy Projek Saamstaan ondersteun, word jy deel van ʼn gemeenskap wat nog glo aan saamstaan en ou waardes wat voortleef. Jy help ʼn feesseisoen skep waar elke kind kan glimlag en waar omgee steeds ʼn groot verskil maak.
Bankbesonderhede
Bank: Eerste Nationale Bank
Tak Kode: 250655 | My Tak
Rekening Nommer: 63027335008
Betalings Verwysing: Kersete2025
Hoekom nie nou 'n skenking maak deur op die volgende skakel te druk nie:
Betalings Verwysing: Kersete2025
In Trotse Samewerking met :