Donasies / Skenkings
Vennote
Projekte
Hoe om betrokke te raak - Druk op Die Skakel vir meer inligting
Terug na Nuus Blad
Het jy 'n Nuus Wenk/Artikel Maak Kontak met ons.
2024 & 2025 Tema

Inleiding :-

Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker

Skrywer of Outeur

Kategorie/ë

“Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker”

Agtergrond vir die jaartema : 

Die aanhaling is gebruik deur Dr CF Visser. In 1959 tree Dr. CF Visser na negentien (19) jaar uit as Hoofleier. Tydens sy uittrede besluit die kongres eenparig om hom die erenaam, Vader van die Voortrekkers, te gee en dat niemand na hom ooit die erenaam kan dra nie. Vader Visser het die slagspreuk: “Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker,” aan die beweging gegee. Motivering vir die jaartema Voortrekkergetalle het verminder en daar is verskeie redes wat gegee word bv. Covid-19 en finansies. Die Hoofdagbestuur is van mening dat indien jy een maal ‘n Voortrekker is, sal jy altyd in hart een bly. Daar is nou weer die geleentheid om almal wie afgedwaal of verdwyn het op te soek en nader te trek. Deur gebruik te maak van die betrokke inisiatief keer ons terug na ons kern besigheid van Voortrekkers vir almal. Die hoofdagbestuur wil die termyn gebruik om voortrekker vriendskapsbande met liefde, geduld en deernis vir mekaar herbevestig.

Na vele oorweging en uitgebreide besprekings tussen Gebiedsleiers, het ons besluit om die aanvanklike logo-ontwerp vir 2025 met 'n nuwe een te vervang.

Hierdie besluit is geneem om ons gedeelde visie en doelwitte vir die jaar wat voorlê beter te weerspieël. Ons het die “Ons KAN in Afrikaans”- frase bygevoeg om aan te sluit by hierdie jaar se Afrikaans 100 projek.

Ons is vol vertroue dat hierdie opgedateerde, vrolike ontwerp trots en  entoesiasme sal inspireer.

Raak betrokke of Benodig jy Advies...

Raak betrokke by Die Voortrekkers - vir avontuur, waardes en vriendskap.

Jy hoef nie alleen te probeer nie. Benodig jy advies? Gesels met ons.

Druk op die skakel en maak kontak met ons - los jou telefoon nommer in die boodskap en ons maak kontak met jou.

Maak Kontak Met Ons
Facebook

Vrywaring:
Neem asseblief kennis dat enige kommentaar of inligting wat in hierdie artikel verskaf word, nie as mediese, regs- of sielkundige advies beskou moet word nie. Die inligting wat verskaf word, is die mening of insette van die skrywer of outeur soos aangedui. Tensy die outeur uitdruklik as “Org Meyer Voortrekkers” aangedui word, verteenwoordig die inhoud nie noodwendig die standpunte of beleid van Die Voortrekkers nie. Dit dien slegs as algemene leiding en inligting. Raadpleeg asseblief ’n gekwalifiseerde professionele persoon vir advies wat op u spesifieke omstandighede van toepassing is.

Terug na Nuus Blad