Na vier maande van donasies vra, is ons opgewonde om aan te kondig dat Kathey Hartley van Alberton die wenner is van die Grondpad Vellies geskenkbewys! Phillip-William Kühn van Laerskool President Steyn het die meeste donasies ingesamel en ook 'n geskenkbewys ontvang. Dankie aan almal vir julle ondersteuning!
Die Org Meyer Voortrekkers het hul tweede verjaarsdag gevier met kolwyntjie-versiering, lyn-dans deur Eben Meyer, en 'n fliekvertoning van "Inside-Out 2" met popcorn. Dit was 'n middag/aand vol pret en vriendskap!