Donasies / Skenkings
Vennote
Projekte
Hoe om betrokke te raak - Druk op Die Skakel vir meer inligting

Ter nagedagtenis aan ons geliefde Voortrekker • Wyle Zanè De Jager • Rus in vrede 🕊️

Terug na Nuus Blad
Het jy 'n Nuus Wenk/Artikel Maak Kontak met ons.
Org Meyer Voortrekkers Vier Tweede Verjaarsdag met Groot Gees!

Inleiding :-

Die Org Meyer Voortrekkers het hul tweede verjaarsdag gevier met kolwyntjie-versiering, lyn-dans deur Eben Meyer, en 'n fliekvertoning van "Inside-Out 2" met popcorn. Dit was 'n middag/aand vol pret en vriendskap!

Skrywer of Outeur

Kategorie/ë

Die Org Meyer Voortrekkers (Alberton) het gistraand hul tweede verjaarsdag gevier, al is hulle reeds drie jaar oud! Die vieringe was propvol pret en opwinding, en het die kinders 'n dag gemaak om te onthou.


Versier 'n Kolwyntjie vir 'n Vriend

Die middag het afgeskop met 'n kreatiewe aktiwiteit waar die kinders kolwyntjies vir hul vriende versier het. Die kleurvolle versierings en kreatiewe ontwerpe het almal se harte warm gemaak. Elke kind het met trots hul meesterstuk aan 'n vriend oorhandig, wat die gees van vriendskap en samehorigheid versterk het.


Lyn-dans met Eben Meyer

Eben Meyer (L/S President Steyn), een van die jeugleiers, het die kinders geleer hoe om lyn-dans te doen. Die kinders het met groot entoesiasme deelgeneem en gou die stappe bemeester. Die gelag en vrolikheid het die lug gevul terwyl almal saam gedans het.


Fliektyd met Popcorn

Na al die aktiwiteite was dit tyd vir 'n bietjie ontspanning. Die kinders het gesellig bymekaar gekom om “Inside-Out-2” te kyk, terwyl hulle lekker aan popcorn en ander lekkernye gesmul het. Die fliek het almal laat lag en soms 'n traan laat stort, maar dit was 'n perfekte afsluiting vir 'n wonderlike dag.


Ouers neem ook deel...

Daar is ook lekker gelag onder die ouers. Die ouers moes ook volgens 'n tema aantrek en ons sê baie dankie aan elk wat deelgeneem het. 


Org Meyer Voortrekkers se tweede verjaarsdag was 'n reuse sukses en het gewys hoe sterk die gemeenskap se band is. Ons sien uit na nog baie jare van saam wees en vieringe!

Baie dankie aan elke Ouer en Kind wat hierdie aand 'n sukses gemaak het. Baie dankie ook aan ons Kombuis Span vir die smul lekker warm-brakke.

Sien julle weer op 4 Oktober 2024. Geniet die Vakansie!

Raak betrokke of Benodig jy Advies...

Raak betrokke by Die Voortrekkers - vir avontuur, waardes en vriendskap.

Jy hoef nie alleen te probeer nie. Benodig jy advies? Gesels met ons.

Druk op die skakel en maak kontak met ons - los jou telefoon nommer in die boodskap en ons maak kontak met jou.

Maak Kontak Met Ons
Facebook

Vrywaring:
Neem asseblief kennis dat enige kommentaar of inligting wat in hierdie artikel verskaf word, nie as mediese, regs- of sielkundige advies beskou moet word nie. Die inligting wat verskaf word, is die mening of insette van die skrywer of outeur soos aangedui. Tensy die outeur uitdruklik as “Org Meyer Voortrekkers” aangedui word, verteenwoordig die inhoud nie noodwendig die standpunte of beleid van Die Voortrekkers nie. Dit dien slegs as algemene leiding en inligting. Raadpleeg asseblief ’n gekwalifiseerde professionele persoon vir advies wat op u spesifieke omstandighede van toepassing is.

Terug na Nuus Blad