OrgMeyer Voortrekkers bedank almal wat deelgeneem het en bygedra het tot die sukses van die veldtog. Hulle hoop om hierdie veldtog jaarliks te herhaal en nog meer mense te betrek in die stryd teen borskanker.
Na vier maande van donasies vra, is ons opgewonde om aan te kondig dat Kathey Hartley van Alberton die wenner is van die Grondpad Vellies geskenkbewys! Phillip-William Kรผhn van Laerskool President Steyn het die meeste donasies ingesamel en ook 'n geskenkbewys ontvang. Dankie aan almal vir julle ondersteuning!