Donasies / Skenkings
Vennote
Projekte
Hoe om betrokke te raak - Druk op Die Skakel vir meer inligting

Ter nagedagtenis aan ons geliefde Voortrekker • Wyle Zanè De Jager • Rus in vrede 🕊️

Soekresultate & Nuus

Vrywaring:
Neem asseblief kennis dat enige kommentaar of inligting wat in hierdie artikels verskaf word, nie as mediese, regs- of sielkundige advies beskou moet word nie. Die inligting wat verskaf word, is die mening of insette van die skrywer of outeur soos aangedui. Tensy die outeur uitdruklik as “Org Meyer Voortrekkers” aangedui word, verteenwoordig die inhoud nie noodwendig die standpunte of beleid van Die Voortrekkers nie. Dit dien slegs as algemene leiding en inligting. Raadpleeg asseblief ’n gekwalifiseerde professionele persoon vir advies wat op u spesifieke omstandighede van toepassing is.

Waarom ons kinders moet weet wie Sarel Cilliers en Tant Koekie is Clone
In die hart van Mpumalanga se bosveld, ver van die daaglikse gejaag van stadslewe, staan daar 'n monument wat die meeste mense waarskynlik nog nooit gesien het nie. Dis nie op 'n groot roete nie, dit maak nie deel uit van ‘n bekende toerpad nie, en tog dra dit 'n swaar stuk geskiedenis. Die Trichardt-Potgieter-monument, noord van Graskop, is nie net ‘n herdenking van name op klip nie – dit is ‘n vraag aan elke gesin, elke jongmens en elke kultuurleier: “Onthou jy nog hoekom jy vry is om te wees wie jy is?”
16 Junie 2025 – Ons sal nooit vergeet nie!
“Ons sal nooit vergeet nie!” bring hulde aan die kinders en vroue wat hul lewens verloor het in die Turffontein Konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog. Die artikel ondersoek die impak van Lord Roberts se verskroeide aarde-beleid, vertel die verhaal van oorvol kampe en naamlose grafte, en roep jong en oud op om ook by Golgota stil te staan - by die Monument van geloof en verlossing. Met ’n aangrypende profielgedig gee dit stem aan ’n kind se herinnering en beklemtoon die krag van geloof, kultuur en geskiedenis.
Wat Die Voortrekkers Wel Is (En Wat Nie)
Wat is Die Voortrekkers nou regtig, en wat is dit nie? Dis ‘n vraag wat ouers, jongmense en selfs onderwysers dikwels vra—veral met al die mites, aannames en vreemde teorieë wat daar buite rondgaan. Hierdie artikel kyk eerlik en ongekunsteld na die kern van Die Voortrekkers: hul waardes, hul roeping, en hoe hulle vandag ’n betekenisvolle ruimte skep vir Afrikaanse jongmense om met trots, geloof en verantwoordelikheid groot te word.
Afrikaans Vier 100 Jaar: Wie was die 8 manne wat ons taal grootgemaak het?
Hoor hier, dis nie elke dag dat ’n taal 100 kersies op sy koek sit nie! Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans sy amptelike honderdjarige bestaan—’n mylpaal wat nie net ’n datum op ’n kalender is nie, maar ’n storie van stryd, trots en liefde vir woorde. Wie sou kon dink dat die "kombuistaaltjie" van lankal, vandag oraloor weerklink—van skoolbanke tot verhoogligte? Kom ons vat ’n oomblik om terug te kyk: Wie het begin droom dat Afrikaans iets meer as ’n "praattaal" kan wees?