Waar begin jy as jy 8 is en net ’n maat soek?
’n Grootmens sal sê: “Jy moet net jouself wees.” Maar vir ’n laerskoolkind? Is dit nie altyd so eenvoudig nie.
Wat beteken dit dan, om vriende te maak en regtig te leer hoe om hulle te hou?
Dis nie net speeltyd en lag nie - dis ook leer hoe om te luister, te deel, en soms jammer te sê.
Die eerste tree: Groet met jou oë én jou glimlag
Kinders leer al vroeg dat hoe jy iemand groet, praat oor hoe jy voel. ‘n Vriendelikke gesig, ’n vriendelike “Hallo”, en ’n regte belangstelling in die ander een - dis soos die kombinasie van konfyt op roosterbrood. Klein gebare wat groot verskil maak.
En ja, kinders sien dit gou - as iemand nie regtig luister nie, of nie regtig wil speel nie. So, hoe leer ’n kind daardie fyn sosiale leidrade aan?
Dis iets wat met tyd kom, maar ook met leiding.
Dis waar ouers en mentors so ’n groot rol speel. Dis nie net onderwysers se werk nie – dis huis- en gemeenskapswerk.
Konflik gebeur – en dis nie die einde van die wêreld nie
“Sy het gesê ek mag nie saamspeel nie!” - klink bekend? Elke ouer het al daardie sin gehoor. Maar wat nou?
Kinders moet leer dat konflik nie iets is om te vrees nie. Dis deel van mense wees.
Wat belangrik is, is hoe ons dit hanteer. ’n Regte vriend is nie altyd perfek nie - maar hy sê jammer as hy iets verkeerd doen. En hy probeer môre weer.
Help jou kind om dit te verstaan. Gebruik eenvoudige woorde. Wys empatie. Vra, “Hoe sou jy voel as dit met jou gebeur het?”
Só kweek jy nie net ’n sosiaal vaardige kind nie, maar ’n mooi mens.
Vriendskap is soos ’n tuin – dit vra water én son
Die meeste vriendskappe begin op die speelgrond, ja. Maar dit groei net as daar aandag gegee word. Dis belangrik om ook kinders te leer:
-
Om ander in te sluit, nie net altyd by dieselfde groepie te bly nie.
-
Om nie net te praat nie, maar ook te luister.
-
Om regtig daar te wees - nie net in liggaam nie, maar in gees ook.
Kinders wat hierdie goed leer, maak nie net vriende nie - hulle behou hulle ook. En eerlik, is dit nie waarvoor ons almal hoop nie?
Wat kan jy as ouer doen?
Jy hoef nie ’n sielkundige te wees nie. Jy moet net daar wees. Luister. Op-let. En aanmoedig.
Stel jou kind bloot aan geleenthede waar vriendskappe kan groei –-soos in Die Voortrekkers, sportspanne, of kultuurgroepe.
Daar waar spanwerk, vertroue en respek gebou word. Want weet jy wat? Kinders floreer in gemeenskappe waar hulle voel hulle hoort.
En as hulle misluk?
Laat hulle. En tel hulle dan op. Vertel hulle van jou eie swaar vriendskaps tye. Kinders leer die beste nie uit perfekte lesse nie - maar uit regte stories.
En onthou: Een goeie vriend is al wat dit vat om ’n kind se wêreld ligter te maak. So moenie moed verloor as dit stadig gaan nie.
Elke vriendskap begin met ’n eerste groet.
Raak betrokke...
Druk op die skakel en maak kontak met ons - los jou telefoon nommer in die booskap en ons maak kontak met jou.
